Skip to content
KWETTERBEKKIES DAGSORG EN KAMPUS

KwetterBekkies Partytjies

Kinderpartytjies venue in Sonstraal Hoogte, Durbanville en in Sonkring, Brackenfell

Bespreek nou jou kind se partytjie by KwetterBekkies Dagsorg in Sonstraal Hoogte of in Sonkring.

Sonstraal Hoogte adres: 37 Sun King Crescent, Sonstraal Hoogte, Durbanville.

Sonkring adres: 80 Groenewoud, Sonkring, Brackenfell

Ouderdomme van kinders tussen 1 tot 7 jaar.


Ouers bring alle versierings en eet- en drinkgoed vir die maatjies – asook hulself.

Ons verskaf die volgende (25 maatjies maksimum) – ingesluit in die fooi

  • Tafeltjies en stoeltjies.
  • 1 groot Jungle Gym en swaaie op sintetiese gras.
  • Lekker groot sandput!
  • Groot trampolien met veiligheidsnet rondom.
  • Plastiekfietsies.
  • Vele ander buite/binne speelgoed.
  • Fantasie speelkamer.

Vir die ouers bied ons die volgende:

  • Ten volle toegeruste kombuis (stoof, ketel, yskas, vriesgeriewe, mikrogolf, glase, bekers ens.)

Algemene reëls en voorwaardes

  • Venue slegs Saterdae beskikbaar gedurende die volgende tye:
       10:00-12:00
  • Besprekings is slegs bevestig sodra die volle deposito/huur bedrag betaal is
  • Ouers moet asseblief die venue in dieselfde skoon toestand los as wat hulle dit gekry het
  • Enige iets wat beskadig word of wegraak moet deur ouers vervang word
  • Ouers en kinders gebruik die perseel op eie risiko
  • Alle ander vermaak (bv. gesigverf en kulkunstenaars) is vir ouers se eie onkoste en op eie risiko
  • Indien ouers ‘n spesifieke tema partytjie wil doen, kan ons hulle met graagte verwys na die regte mense wat dan op ons perseel die nodige kom doen
  •  Aankoms en voorbereiding is 60 minute voor die bespreekte tydgleuf. Alles moet asb skoon en opgeruim wees 60 minute na die bespreekte tydgleuf

Koste struktuur

Huur van perseel:

  • R1800 springkasteel ingesluit
  • R1500 sonder springkasteel

Opsionele skoonmaak fooi: R200