Skip to content
KwetterBekkies_Logo_2021

Kwetter Partytjies

Kinderpartytjies venue in Uitzicht, Durbanville.

Bespreek nou jou kind se partytjie by KwetterBekkies Dagsorg, 57 Hella Crescent, Uitzicht, Durbanville. Ouderdomme van kinders tussen 2 en 6 jaar.


Ouers bring alle versierings en eet- en drinkgoed vir die maatjies – asook hulself.

Ons verskaf die volgende (25 maatjies maksimum) – ingesluit in die fooi

  • tafeltjies en stoeltjies
  • 2 groot Jungle Gym’s en swaaie op sintetiese gras
  • lekker groot sandput asook klein, sintetiese gras “putting green”
  • groot trampolien met veiligheidsnet rondom
  • plastiekfietsies, sowel as ‘n groot rybaan om op te ry
  • vele ander buite/binne speelgoed

Vir die ouers bied ons die volgende:

  • Braai fasiliteite met alle braai gereedskap, vuuraanstekers en hout
  • Ten volle toegeruste kombuis (stoof, ketel, yskas, vriesgeriewe, mikrogolf, glase, bekers ens.)

Ons kan met groot vrymoedigheid die volgende mense aanbeveel:

download
Partytjie Pakkies

Natasha Albertyn

082 857 0466

image
Verjaarsdagkoeke

Hannali Langer

083 467 1543

Social-Bean-Cafe-Platte6
Platters

Myanne Holder

083 461 8509

Algemene reëls en voorwaardes

  • Venue slegs Saterdae beskikbaar gedurende die volgende 2 tydgleuwe
    10.00vm tot 12.00nm en/of 14.00nm tot 16.00nm of 15.00nm tot 17.00nm
  • Besprekings is slegs bevestig sodra die volle deposito/huur bedrag betaal is
  • Ouers moet asseblief die venue in dieselfde skoon toestand los as wat hulle dit gekry het
  • Enige iets wat beskadig word of wegraak moet deur ouers vervang word
  • Ouers en kinders gebruik die perseel op eie risiko
  • Alle ander vermaak (bv. gesigverf en kulkunstenaars) is vir ouers se eie onkoste en op eie risiko
  • Indien ouers ‘n spesifieke tema partytjie wil doen, kan ons hulle met graagte verwys na die regte mense wat dan op ons perseel die nodige kom doen
  •  Aankoms en voorbereiding is 60 minute voor die bespreekte tydgleuf. Alles moet asb skoon en opgeruim wees 60 minute na die bespreekte tydgleuf

Koste struktuur

Huur van perseel: R800

Skoonmaak fooi: R200

Springkasteel: R400