Skip to content
KwetterBekkies_Logo_2021

Leer Meer Oor Ons

Eienares/skoolhoof

Stellie Greyling

0S4A7627

Ek het my studies in Wellington aan die Onderwyskollege Boland voltooi.  Daarna het ek my onderwysloopbaan in Graaff-Reinet (‘n pragtige Karoo-dorp) by Laer Volkskool begin as ‘n Graad 2 Juffrou. Ons het Kaap toe verhuis en ek ‘n het ‘n pos by Laerskool Eversdal gekry.  Ek was 22 jaar ‘n Grondslagfase juffrou, waarvan ek elke oomblik geniet het.  My droom was nog altyd om my eie skooltjie te begin waar ek in ‘n kleiner, huislike omgewing en met baie liefde na kinders kon omsien.  Kinders moet gelukkig wees en volgens hulle eie pas ontwikkel. Hierdie droom is vervul in 2018. 

KwetterBekkies dagsorg is begin!

Res Van Die Personeel

Die KwetterBekkies span het almal ‘n ongelooflike liefde vir kinders en leef elke dag hulle passie uit. 

Ons personeel is daagliks bewus van die belangrike werk wat ons doen.   Ons lê die fondasies vir gebalanseerde en suksesvolle volwassenes, terwyl ons hulle kindwees saam met hulle geniet.

Ons personeel streef daarna om elke maatjie te stimuleer en onderrig dat hy/sy volgens sy/haar eie potensiaal en vermoëns sal ontwikkel.  Ons gaan speel-speel en lag-lag leer en sodoende die nodige vaardighede aanleer.

Ons kennis van 26 jaar onderwyservaring deel ons graag met ons kleingoed. 

Ons span bestaan uit opgeleide onderwyseresse en opgeleide assistente.

0S4A7653-Edit

Hoekom KwetterBekkies kies as ‘n dagsorg vir jou kind??

Vriendelike en liefdevolle kinderomgewing Vriendelike en liefdevolle kinderomgewing
Aktiewe deelname Aktiewe deelname
Kreatiewe leerplan Kreatiewe leerplan
Lewensvaardighede Lewensvaardighede
Half- en voldag opsies Half- en voldag opsies
Buitemuurse aktiwiteite Buitemuurse aktiwiteite
Ruim buite speelarea Ruim buite speelarea
Leer speel-speel Leer speel-speel
Godsdiens gebasseerd Godsdiens gebasseerd
Veiligheid Veiligheid
Gebalanseerde etes Gebalanseerde etes
Liefde en omgee Liefde en omgee