
Leer Meer Oor Ons
Eienares
Stellie Greyling

Ek het my studies in Wellington aan die Onderwyskollege Boland voltooi. Daarna het ek my onderwysloopbaan in Graaff-Reinet (‘n pragtige Karoo-dorp) by Laer Volkskool begin as ‘n Graad 2 Juffrou. Ons het Kaap toe verhuis en ek ‘n het ‘n pos by Laerskool Eversdal gekry. Ek was 22 jaar ‘n Grondslagfase juffrou, waarvan ek elke oomblik geniet het. My droom was nog altyd om my eie skooltjie te begin waar ek in ‘n kleiner, huislike omgewing en met baie liefde na kinders kon omsien. Kinders moet gelukkig wees en volgens hulle eie pas ontwikkel. Hierdie droom is vervul in 2018.
KwetterBekkies dagsorg is begin!
Meer Oor Die Personeel
Die KwetterBekkies span het almal ‘n ongelooflike liefde vir kinders en leef elke dag hulle passie uit.
Ons personeel is daagliks bewus van die belangrike werk wat ons doen. Ons lê die fondasies vir gebalanseerde en suksesvolle volwassenes, terwyl ons hulle kindwees saam met hulle geniet.
Ons personeel streef daarna om elke maatjie te stimuleer en onderrig dat hy/sy volgens sy/haar eie potensiaal en vermoëns sal ontwikkel. Ons gaan speel-speel en lag-lag leer en sodoende die nodige vaardighede aanleer.
Ons kennis van 29 jaar onderwyservaring deel ons graag met ons kleingoed.
Ons span bestaan uit opgeleide onderwyseresse en opgeleide assistente.


