Ons storie

My liefde vir kinders en hul ontwikkeling het reeds vroeg begin – dit het my gelei om my studies in Wellington by die Onderwyskollege Boland te voltooi.

My eerste tree in die onderwyswêreld was in die hartjie van die Karoo, in die pragtige dorp  Graaff-Reinet, waar ek as Graad 2-juffrou by Laer Volkskool begin het. Dit was hier waar my passie vir die vorming van jong lewens nog dieper gewortel is en ek Jannie ontmoet het.

Later het ons Kaap toe verhuis, waar ek die voorreg gehad het om by Laerskool Eversdal aan te sluit.

Stellie Greyling Eienares van KwetterBekkies Dagsorg en Kampus
Stellie Greyling Eienares

Vir 22 wonderlike jare was ek ’n Grondslagfase-juffrou, jare gevul met leer, lag, groei en kosbare herinneringe saam met kinders. Elke dag in die klaskamer het my net meer oortuig van een ding: kinders floreer die beste in ’n omgewing waar hulle veilig, geliefd en tuis voel.

Die droom om my eie skooltjie te begin, het altyd in my hart geleef, ’n plek waar kinders in ’n kleiner, huislike atmosfeer met liefde versorg kan word en waar elke kind die ruimte kry om teen hul eie pas te ontwikkel.

In 2018 het daardie droom ’n werklikheid geword toe KwetterBekkies Dagsorg Uitzicht sy deure oopgemaak het, ’n plek gebore uit passie, liefde en ’n opregte begeerte om elke kind se unieke reis te koester.

Stellie en Jannie Greyling van KwetterBekkies Dagsorg en Kampus
Stellie & Jannie
Finansiële bestuurder en "Handyman"

Ons waardes

KwetterBekkies ontwikkeling

Ontwikkeling

KwetterBekkies Veiligheid

Veiligheid

KwetterBekkies Pret

Pret

Kennis

Ouderdomsgroepe

KwetterBekkies Babas & Kleuters

Babas & Peuters

4 - 24 Maande

KwetterBekkiies Peuters & Kleuters

Peuters & Kleuters

2 - 5 Jaar
Graad RR

KwetterBekkies Voorskoolfase

Voorskoolfase

Graad R

Buitemuurse
aktiwiteite

Ons maatjies kan saam met ons uitgebreide KwetterBekkies-familie en betroubare vennote verskeie buitemuurse aktiwiteite geniet wat hul vaardighede en selfvertroue verder ontwikkel.

KwetterBekkies Kampus

Bied betroubare, gespesialiseerde terapie op die perseel ten einde maatjies en hul ouers die nodige ondersteuning te gee.

Spraakterapeut by KwetterBekkies Kampus

Spraakterapeut

021 – 975 3696

Arbeidsterapeut by KwetterBekkies

Arbeidsterapeut

083 447 5107

Fisioterapeut by KwetterBekkies

Fisioterapeut

084 766 0214

079 694 4448
082 897 3939

Wat ons
ouers sê

Lees wat ons KwetterBekkies ouers alles van ons sê.

Waar ons speel-speel en lag-lag leer!

Skakels

Privacy Policy

Kontak informasie

Jana Engelbrecht Fotografie

Alle personeel foto's deur Jana Engelbrecht Fotografie

Waar ons speel-speel en lag-lag leer!

Skakels

Privacy Policy

Kontak informasie

Alle personeel foto’s deur Jana Engelbrecht &

Lindie Otto Fotografie

Jana Engelbrecht Fotografie

© 2026 Website and SEO by Web Space Design & Marketing