My liefde vir kinders en hul ontwikkeling het reeds vroeg begin – dit het my gelei om my studies in Wellington by die Onderwyskollege Boland te voltooi.
My eerste tree in die onderwyswêreld was in die hartjie van die Karoo, in die pragtige dorp Graaff-Reinet, waar ek as Graad 2-juffrou by Laer Volkskool begin het. Dit was hier waar my passie vir die vorming van jong lewens nog dieper gewortel is en ek Jannie ontmoet het.
Later het ons Kaap toe verhuis, waar ek die voorreg gehad het om by Laerskool Eversdal aan te sluit.
Vir 22 wonderlike jare was ek ’n Grondslagfase-juffrou, jare gevul met leer, lag, groei en kosbare herinneringe saam met kinders. Elke dag in die klaskamer het my net meer oortuig van een ding: kinders floreer die beste in ’n omgewing waar hulle veilig, geliefd en tuis voel.
Die droom om my eie skooltjie te begin, het altyd in my hart geleef, ’n plek waar kinders in ’n kleiner, huislike atmosfeer met liefde versorg kan word en waar elke kind die ruimte kry om teen hul eie pas te ontwikkel.
In 2018 het daardie droom ’n werklikheid geword toe KwetterBekkies Dagsorg Uitzicht sy deure oopgemaak het, ’n plek gebore uit passie, liefde en ’n opregte begeerte om elke kind se unieke reis te koester.





4 - 24 Maande

2 - 5 Jaar
Graad RR

Graad R
Ons maatjies kan saam met ons uitgebreide KwetterBekkies-familie en betroubare vennote verskeie buitemuurse aktiwiteite geniet wat hul vaardighede en selfvertroue verder ontwikkel.
Bied betroubare, gespesialiseerde terapie op die perseel ten einde maatjies en hul ouers die nodige ondersteuning te gee.
Lees wat ons KwetterBekkies ouers alles van ons sê.
Geplaas op Google Nadine van ZylTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. Excellent 👌🏻Geplaas op Google Maryke RoetsTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. Hulle beplan die oulikste aktiwiteite, kindertjies is so gelukkig.Geplaas op Google Izandri CoetzeeTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. Oulike skooltjie, en die kinders lyk gelukkig!Geplaas op Google Herman Van RooyenTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. My grandchild is loving this school and the teachers so much that she cannot wait for the next day. This school's care is on another level when it comes to creating a safe and harmonic environment where the children can learn and develop into the clever little princess Mia is at her age. Thank you so much for all the hard work and care.Geplaas op Google Liesl NelsonTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. KwetterBekkies Uitzicht, waar dissipelskap as eg en waardevol beskou word. Waar lewenssaad met liefde gesaai word deur die kosbaarste mense. Waar ’n mens Jesus se liefde in elke omhelsing en gesprek voel vloei. Dis soveel meer as net ’n skool; dis werklik ’n veilige hawe vir ons kosbaarste seëninge. Dankie liewe Jesus, vir hierdie skool!Geplaas op Google Cheidene ClarkeTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. BESTE SKOOLTJIE!!!!!!!Geplaas op Google Lionel HinrichsenTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. We could not have asked for a better school than Kwetterbekkies Uitzicht. Our son can't wait to go to school in the mornings to play with his friends and spend time with his teachers. Really amazing school with great teachers.Geplaas op Google Sakkie LoubserTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. Sedert ons kleinseun by Kwetterbekkies begin het gaan hy soggens met ń glimlag en gelukkige hart skooltjie toe. Die kinders word hier met baie liefde versorg en geleerGeplaas op Google Marina AvenantTrustindex verifieer dat die oorspronklike bron van die resensie Google is. Hierdie is nou ‘n oulike Skool vir klein kindertjies. Daar was nog nie ‘n dag in meer as ‘n jaar se bywoning wat ons kleinseun nie wou gaan nie. Elke persoon wat daar werk is ‘n stukkie goud.

Alle personeel foto's deur Jana Engelbrecht Fotografie
Alle personeel foto’s deur Jana Engelbrecht &
© 2026 Website and SEO by Web Space Design & Marketing