Ons ouers het gevra en ons het geluister.
Die behoefte het ontstaan dat ouers wat hul kinders by KwetterBekkies Dagsorg aflaai, sommer terselfdetyd ’n ordentlike wegneem koffie, cappuccino of warm sjokolade kan geniet op pad werk of terug huis toe.
Ons het eers die water getoets met ’n “leen” koffiemasjien en ’n proef-barista om seker te maak ons doen dit reg. Die reaksie was so positief dat ons besluit het om dit self aan te pak saam met een van ons KwetterBekkies ouers wat dieselfde passie vir goeie koffie deel.
So is Kwetter Koffie gebore. ’n Klein idee met ’n groot hart vir ons ouers se daaglikse roetine.
Hou die spasie dop want eersdaags rol ons die Kwetter Koffie trollie met barista uit by KwetterBekkies Sonstraal Hoogte en KwetterBekkies Brackenfell.





