Professionele terapie dienste nou by KwetterBekkies Kampus

Het jy al gewonder wat KwetterBekkies Dagsorg & Kampus anders maak? Hier is nog ’n rede waarom ons Kampus die perfekte keuse is vir jou Graad RR of Graad R kind.

’n Besonderse deel van ons storie is dat verskeie terapeute wat in kinderontwikkeling spesialiseer, hul eie kinders oor die jare by KwetterBekkies Dagsorg ingeskryf het. Vanuit hierdie vertroue en verhouding het ’n mooi idee gegroei om ons Kampus-spasie te gebruik sodat hierdie kundiges hul dienste op die perseel kan aanbied.

Vandag is ons trots om professionele ondersteuning op ons perseel te hê. Johanlie as arbeidsterapeut, Rozelle as fisioterapeut en Ivette en Annelize as spraakterapeute stap al lank pad saam met ons KwetterBekkies-familie. Hulle deel ons hart vir kinders en hul ontwikkeling.

Vir ons ouers beteken dit soveel meer gerief. Kinders wat terapie benodig, kan nou hul sessies sommer by die Kampus bywoon sonder dat ouers hoef rond te ry of ekstra reëlings te tref. Alles gebeur in ’n bekende, veilige en liefdevolle omgewing waar kinders reeds gemaklik voel.

Hierdie samewerking stel ons in staat om kinders nog beter te kan ondersteun ten einde hul groei, ontwikkeling en selfvertroue nog beter te stimuleer.

Vandag is ons trots om hierdie professionele ondersteuning op ons perseel te kan aanbied.

Previous Post
Next Post
KwetterBekkies Dagsorg & Kampus

Waar ons speel-speel en lag-lag leer!

Links

Privacy Policy

Contact Info

Alle personeel foto's deur Jana Engelbrecht Fotografie

© 2026 Website and SEO by Web Space Design & Marketing