By KwetterBekkies Dagsorg & Kampus lê ons kinders se veiligheid ons na aan die hart! Daarom werk ons tans saam met een van ons ouers aan iets besonders, ’n nuwe “in en uit teken”-toep wat ons daaglikse roetine eenvoudiger en veiliger gaan maak.
Hierdie toep gaan dit vir jou as ouer of genomineerde persoon, maklik maak om jou kind vinnig en veilig via jou selfoon en OR kode in en uit te skandeer. Die ou pen en papier metode maak nou plek vir iets meer modern, vinnig en veiliger, presies wat ons families verdien.
Die voordele van hierdie nuwe proses sluit in:
• Beter sekuriteit rondom kinders se in en uit teken
• Duideliker en vinniger kommunikasie
• ’n Eenvoudige en gebruikersvriendelike ervaring
Ons nuwe toep (EntryGuard), is ontwerp met jou en jou kind veiligheid as prioriteit. Slim QR-verifikasie sorg dat net gemagtigde ouers of voogde kinders kan in en uit teken. Intydse kennisgewings laat jou onmiddellik weet wanneer jou kind veilig by die dagsorg of kampus aankom en vertrek. Dit gee daardie ekstra bietjie gemoedsrus wat elke ouer nodig het.
Administrasie raak minder, wagtye word korter en sekuriteit word sterker. Meer tyd en aandag kan dus gaan na wat vir ons die belangrikste is, elke kind se geluk, groei en welstand.
Watch this space. Sodra alles gereed is, begin ons deur die toep by een van ons skole te toets en daarna rol ons dit verder uit na die res van ons KwetterBekkies dagsorge en kampus.
Ons is opgewonde om hierdie nuwe hoofstuk van KwetterBekkies met julle te deel.





